Baie, baie dankie vir die pragtige uitrustings, trourok en strooimeisie rokke wat jy ontwerp en gemaak het. Dit was so ‘n aangename belewenis om te sien hoe jy te werk gaan. Die ontwerp, die passing; jy het dit met soveel passie gedoen – die inspirasie het ‘n volkome prentjie gemaak.