Ek kan jou nie genoeg bedank vir die pragtige rok wat jy vir Lyndal gemaak het nie. Haar Pa het in sy toespraak vir haar gesê sy lyk soos ‘n prinses, en sy hét. Buiten die rok het jou kalmte en vriendelikheid baie gehelp om die gemoedere te sus, en die hele aangeleentheid aangenaam en plesierig te maak.